Die gewilde Afrikaanse sanger Jan Bloukaas is in die wolke oor sy nuwe enkelsnit Sweef wat vandag vrygestel word.
Jean du Plessis, die sanger se regte naam, is vroeer die jaar met breinkanker gediagnoseer.
Du Plessis het bekendheid verwerf met sy 2017-treffer Kaas Bra en het sedertdien die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel.
Hy het op 3 Oktober bekendgemaak dat sy opnames vir sy nuwe album klaar is nadat hy sy aanhangers belowe het hy is vasbeslote om sy album te voltooi voor hy met behandeling begin.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



