Hulp word gevra met die moordsaak van Nardus Blokland (55) wat na bewering wreed deur Sean Swart (40) doodgeslaan is. Sean is intussen in hegtenis geneem, aangekla en op borg van R15 000 vrygelaat. Die saak sal weer op 16 Januarie 2023 in die Groblersdal-landdroshof aangehoor word.
Blokland en sy vrou was na Swart se verjaardagpartytjie genooi wat die Saterdagaand sou plaasvind, maar die Vrydagaand het die gruwel-voorval plaasgevind waarin Swart glo eers vir Blokland met ‘n vuis geslaan het, geloop het om af te koel en toe teruggekeer het en Blokland met ‘n stoel en vuis geslaan en ook geskop het.
Blokland se vrou, Alison, was deurentyd teenwoordig. Hy is op die toneeel dood verklaar.
IRS Forensic Investigations is deur die familie aangestel om verdere inligting oor die moord te bekom.
Enige persoon wat oor meer inligting beskik oor die noodlottige aand en voorval, wat teenwoordig was, word versoek om IRS te kontak. Inligting sal met die grootste vertroulikheid hanteer word.
Inligting kan gegee word by:
www.irsa.co.za, 0861 911 IRS gedurende kantoorure of stuur ‘n WhatsApp na 079 444 2666.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



