Olebogeng Mosime (8) begrawe – alle honde in Mangaung vanaf Januarie geregistreer – adjunk-burgemeester

Deel hierdie storie / Share this story

Olebogeng Mosime (8) is op 12 November waar hy gespeel het deur die bure se pitbull terriër verskeur en doodgebyt. Sy begrafnis is deur die adjunk-burgemeester van Mangaung bygewoon wat gesê het alle honde sal vanaf Januarie geregistreer word.

Me. Mapaseka Mothibi-Nkoane het op die begrafnis aangekondig dat alle honde, volgens bywette, wat in die Vrystaat verander sal word, van Januarie 2023 af deur eienaars geregistreer sal word.

Sy het voorts gesê pitbull-eienaars sal moet bewys dat hulle opleiding ontvang het om na die dier om te sien en weet hoe om ander mense teen die dier te beskerm.

Olebogeng se kis was deur Roseview Primary School se vlag en sy sokkerklere bedek.

“I can only imagine the fear as this animal lunged at his throat”, het Mothibi-Nkoane gesê terwyl sy bygevoeg het dat die munisipaliteit sal baklei dat geen so ‘n tipe insident hom weer in die toekoms sal afspeel nie.

Die adjunk-burgemeester het die nasionale regering uitgedaag om dieselfde bywette in te stel.

“His last message to me on a voice note was goodnight, little did I know he would sleep forever,” het Olebogeng se tannie, Lerato Mokete, gesê.

Bron: TimesLIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.