‘n Skietery het tydens ‘n huisroof in Stanger, KwaZulu-Natal plaasgevind, waar ‘n huiseienaar se buurman hom te hulp gesnel het en ‘n oor-en-weer-skietery tussen hom en vier vermeende verdagtes ontstaan het.
IPSS Medical Rescue het op die skiettoneel gereageer. Met aankoms op die toneel het hulle vasgestel dat vier vermeende verdagtes glo toegang tot die huis gekry en die huiseienaar aangerand het.
Die buurman wat die geraas gehoor het, het die huiseienaar te hulp gesnel. Verskeie skote is afgevuur waartydens die buurman kritiek beseer is.
Een van die vermeende verdagtes is op die toneel dood verklaar, terwyl twee verskeie kere geskiet en in die hospitaal onder polisiebewaking is. Nog ‘n verdagte is in hegtenis geneem.
Die krities beseerde buurman is vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem en is na ‘n gespesialiseerde trauma-eenheid verskuif.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



