Die vyfjarige Lee-Virno van Wyk van Upington is nou al sedert 31 Mei vermis en steeds nie opgespoor nie.
Lee-Virno is op 31 Mei laas gesien toe hy omstreeks 12:30 saam met ‘n maatjie verdwyn het om te gaan speel. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie.
Die polisie het intussen ook ‘n beloning aangebied vir enige inligting wat hulle kan help om die vyfjarige op te spoor. Lees die artikel hier.
Enigiemand met inligting kan kapt. Koos van den Heever by 082 302 0442 kontak.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



