Ma in hegtenis na twee jong seuns in brand sterf

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van Grabouw (35) is tans in polisieaanhouding na sy Vrydagoggend in hegtenis geneem is vir moord.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is die vrou is in hegtenis geneem toe die polisie na die Waterworks- informele nedersetting ontbied is. Die informele woning wat aan die brand was, was gesluit. Die liggame van twee seuntjies, van onderskeidelik drie en vyf jaar oud, is in die woning gevind.

Die polisie het as deel van die ondersoek getuies se verklarings geneem en die ma is in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting vandag in die Grabouw-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel