‘n Vrou (18) wat Saterdagaand 12 November as vermis aangemeld is se liggaam is die volgende dag op Klaasvoogds, Ashton, in ‘n bos ontdek. ‘n Vrou (21) is vir haar beweerde moord in hegtenis geneem.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die vrou is op die toneel dood verklaar. Die omstandighede rondom haar dood word nog ondersoek.
‘n Moordsaak word deur die Ashton-polisiestasie ondersoek.
‘n Vrou (21) is vir die beweerde moord in hegtenis geneem en sal wanneer sy aangekla is in die Robertson-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



