Opvolg: Willem Kruger – sekere items gevind – gebedsbyeenkoms

Deel hierdie storie / Share this story

Die soektog na Willem Kruger (29), wat Sondag by Groblersdal-polisiestasie as vermis aangemeld is, duur voort.

Hier volg vandag se opdatering deur die Ons Soek Willem Kruger Facebook-blad:

18 November: Vrydag – Dag 6

Die soektog na Willem Kruger duur steeds onverpoosd voort, alhoewel ambisieuse mense inligting inbel vir die beloning en die ondersoekers oorval. Vals inligting op Facebook moet ook telkens eers ondersoek word.

Mnr. Lourens noem dat hulle honderde oproepe ontvang van die bakkie en wanneer dit opgevolg word, is dit nie dieselfde model of maak as dié van Willem nie.

Mike Bolhuis se span word deur “sieners” oorval en Phil Vermeulen is omgekrap omdat een glo ‘n “lig” gesien het, maar dat dit na geen antwoorde van Willem gelei het nie.

Die rivier se vlak sak steeds stelselmatig en indien dit so aanhou, behoort daar teen die naweek gesien te kan word of Willem se bakkie wel in die rivier is.

Corne Smith sê hy verneem dat daar ‘n staalfles gekry is, maar dit kon nie as Willem s’n bevestig word nie.

Perde, helikopters met sonartoerusting, bote en hommeltuie word in die soektog ingespan.

Sakkie Louwrens het bevestig dat geen misdryf vermoed word nie en alle persone wat by die partytjie teenwoordig was, asook Henbase Lodge-werknemers, is reeds ondervra.

Bosveld Misdaad Ondersoeke lei steeds die soektog na Willem.

Corne Smith verneem dat Netwerk24 geplaas het dat ‘n liggroen staalfles wat in die gras gevind is, ‘n enkele mansplakkie en ‘n blou buisie lipsalf, binne 1 km van Henbase Lodge af, gevind is.

Daar word herinner aan ‘n gebedsbyeenkoms wat vanaand lewendig om 18:30 vir Willem sal plaasvind.