‘Vertaal dié, Charlize en kyk of jy dieselfde emosie ervaar’ – Mathys Roets

Deel hierdie storie / Share this story

Na Charlize Theron se aanmerking oor Afrikaans, deel Mathys Roets hierdie plasing en vra haar om die lirieke te vertaal. “Charlize, vertaal hierdie in Engels en vertel my jy ervaar dieselfde emosie.”

Vroegoggend koffie gedagtes aan Charlize.
Ek dink en neurie van die mooiste Afrikaanse lyne in Afrikaans. Almal geskryf deur vriende.
Charlize vertaal hierdie in Engels en vertel my jy ervaar dieselfde emosie.

Koos Kombuis- “want die hele wêreld word stil. Luister in die donker uur. Na die naggeluide, van Lisa se klavier”

Valiant Swart- “kyk of jy vir my die son kan vang”

Lucas Maree- “hierdie is ‘n liedjie net vir jou droomvrou”

Danie Niehaus- “soms is die wêreld se wiel net te glad. Soms tel ek ure op een enkel hand. Soms moet ek bid vir ‘n hogere hand”

Nardus du Plooy- “in my lewe, het ek groot geword in die middelklas van die blanke ras”

Coenie de Villiers- “daar’s ‘n plek wat ek van weet. Sonder sorge sonder pyn sonder leed”

Jannie du Toit- “en ek wens dat ek, my liedjie vir jou kan sing”

Richard van der Westhuizen- “Tussen treine. Tussen stasies. Lê daar basies, net die leë woorde”

Anton Goosen- “Jantjie kom huis toe. Kantryntjie wag op jou”

Gert Vlok Nel- “droom van my en laat my vry vannag”

Theuns Jordaan- “soos bloed, so is jy vir my”

Piet van Wyk de Vries- “Partykeer breek jou hart en partykeer breek jou vlerke. Partykeer gly jou hand en sny jy dieper as wat jy wou”

Koos du Plessis- “Die donker kom van buite. En syfer deur die ruite. Ek gooi nog ‘n paar kole op die vuur”

My gedagtes dwaal en ek neurie deur hierdie skatkis van Afrikaans. Afrikaans het nie Charlize se goedkeuring nodig nie. Afrikaans sal voortleef en groei.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel