’n Leerling van Hoërskool Kriel, Emalahleni, het glo Donderdag selfdood gepleeg by die skool.
Volgens inligting wat die departement van onderwys ontvang het, het die leerling homself in ’n klaskamer se stoorarea gehang.
Die hoof van die departement van onderwys het Vrydag die skool besoek.
’n Paar weke gelede het ’n matriekleerling van Sekondêre Skool Umqhele in Clermont, KwaZulu-Natal selfdood gepleeg na sy haar isiZulu-eksamen geskryf het.
As jy of iemand na aan jou selfdoodgedagtes het, kontak die Suicide Helpline by 0800 567 567.
Bronne: Times LIVE, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Durban-leerling met mes gesteek by skool



