Billy Ray Cyrus (61) het sy verlowing aan sy meisie Firerose (34) bevestig, amper twee maande nadat hulle verloof geraak het.
Cyrus en Firerose het op die stel van Hannah Montana, waarin sy dogter die hoofkarakter was, ontmoet toe Firerose ’n oudisie gedoen het. Hulle het glo deur die jare in kontak gebly en het glo goeie vriende geword.
Cyrus het aan People Magazine vertel dat hy nie eens ’n ring gehad het toe hy Firerose gevra het om met hom te trou nie en het haar die keuse gegee om haar eie ring te kies of een te ontwerp.
Bronne: Saffarazzi, Daily Mail, E!
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Elon Musk dank glo omtrent 20 werknemers af wat hom kritiseer



