‘n Vermeende kaper is gister om ongeveer 19:30 op die Jan Smuts-hoofweg in Sherwood, Durban, doodgeskiet.
Na bewering het hy en nog makkers ‘n vuurwapen op ‘n man gerig, waarskynlik in ‘n poging om hom te probeer kaap. Die man het ‘n skoot uit selfverdediging afgevuur en die kaper noodlottig gewond het. Sy makkers het gevlug.
Emer-G-Med-ambulansdienste is na die toneel van ‘n skietvoorval uitgeroep, waar hulle die man in sy dertigs, met skietwonde, dood verklaar het. Die polisie was op die toneel.
FiND iT het die polisie vir kommentaar genader.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



