Michaela Courtney Pollock (28) het op 11 November in Sundra, Mpumalanga, vermis geraak.
Sy is slank gebou met bruin oë en bruin hare. Sy weeg 50 kg en is van gemiddelde lengte.
Sy was laas by Jerigo-oord in Eloff gesien, geklee in ‘n gelapte broek, bruin baadjie en wit seilskoene.
Sy het tatoeëermerke wat so lyk:

Enigiemand wat inligting het van waar sy haarself bevind, kan met sers. James van Sundra-polisie in aanraking kom by 082 9231187 of die Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 / 083 378 4882 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



