Kaas-en-knoffel gevulde sampioene

Deel hierdie storie / Share this story

Heerlik vir saam met die naweek se vleisie op die kole.

BESTANDDELE:

250 g klein sampioene
50 g botter
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groot sny witbrood
4 eetlepels fyn gerasperde Parmesankaas
3 eetlepels gekapte grasuie
Olyfolie

METODE:

Voorverhit oond tot 180 ºC. Verwyder die steeltjies van die sampioene en pak hulle onderstebo in ‘n oondpan. Smelt die botter in ‘n pan op die stoof en meng dan die knoffel by. Maak broodkrummels van die sny brood en voeg by die botter in die pan. Roer vir 2 minute, tot lig gerooster. Plaas die mengsel in ‘n bak en laat afkoel. 

Roer die gerasperde kaas en grasuie by. Skep dit oor die sampioene, drup olyfolie oor en bak vir 10 minute tot die sampioene gaar en die bokante goudbruin is. 

Bedien warm. 

Bron: OFM 
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel