Huldeblyke stroom in vir Theuns, een jaar na sy dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die geliefde en bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Theuns Jordaan is vandag presies ‘n jaar gelede op die ouderdom van 50 oorlede.

Leukemie is in 2020 by Theuns gediagnoseer. Hy het tot sy dood hard teen die siekte baklei.

Theuns het in 2001 sy debuut gemaak met die album Vreemde Stad en was een van die beste en mees geliefde kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf.

Huldeblyke deur kunstenaars stroom vandag op sosiale media in.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel