Aanvallers op motorfietse het nege mense, insluitend ’n vrou en twee kinders, tydens verskillende optogte in Iran doodgeskiet.
Drie verdagtes is in hegtenis geneem en ’n mannejag om die ander verdagtes te kry, is aan die gang na Woensdag se eerste aanval op betogers en sekuriteitsmagte in Izeh.
Vier uur later het nog twee aanvallers op ’n motorfiets in Isfahan outomatiese wapens gebruik om te skiet op Basji- parlementêre magte. Twee is gewond en twee is gedood.
Altesaam is sewe mense, waaronder ‘n 45-jarige vrou en haar twee kinders van nege en dertien jaar, sover dood. Agt is in skietvoorvalle beseer.
Bronne: NDTV, Zee Biz
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Iran vonnis nog iemand tot die dood



