Iran vonnis nog iemand tot die dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Iranse hof het ’n tweede betoger tot die dood gevonnis vir geweld tydens die Mahsa Amini-optogte.

Die betoger is “beskuldig daarvan dat hy mense in die straat geterroriseer het met ‘n mes, die motorfiets van ‘n burger aan die brand gesteek en ‘n persoon met ‘n mes aangeval het,” het die regbank se Mizan Online-webwerf laat Dinsdag berig.

Minstens 10 betogers in Iran is aangekla van oortredings wat die doodstraf dra, insluitend een wat skuldig bevind is aan “oorlog teen God” of “korrupsie op aarde” vir die beskadiging van openbare eiendom, het die kantoor van die VN se Hoë Kommissaris vir Menseregte gesê. .

Iranse veiligheidsmagte het Dinsdag minstens drie betogers doodgeskiet, het een regtegroep gesê.

Bronne: The National, Ahram online

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Iran gaan nie 15 000 betogers doodmaak nie