Dokter eers viraal op TikTok oor hervorm van kakebeen, nou aangekla

Deel hierdie storie / Share this story

’n Ortodontis, dr. Mike Mew, wie se tegnieke vir die hervorming van die kakebeen soos ‘n veldbrand op TikTok versprei het, word nou gedagvaar nadat hy versuim het om sy ortotropediese behandeling toepaslik te monitor.

Ortotropedie is ‘n prosedure om die vorm van die gesig te verander deur die tong en die mond se natuurlike rusposisie reg te stel. Dié aanbevole behandeling vir jong kinders hou blykbaar ‘n risiko in, volgens ‘n tribunaalverhoor wat in Londen gehou is.

Mew word deur ‘n dissiplinêre verhoor by die Algemene Tandheelkundige Raad (GDC) in die gesig gestaar vanweë sy “mewing”-tegnieke, wat byna 2 miljard kyke op TikTok ontvang het.

Volgens Barnfather se GDC-woordvoerder het dit aan die lig gekom dat twee kinders, bekend as pasiënte A en B, tussen September 2013 en Mei 2019 advies en behandeling ontvang het.

Dit word gerapporteer dat pasiënt A opdrag gekry het om boonste en onderste booguitbreidingstoestelle, sowel as nektoerusting vanaf ouderdom ses te dra om onder ander ‘n groot toename in nasale kapasiteit te kry, die middelvlak te verbeter en die slukpatroon te verander.

Volgens die tribunaal het Mew gedink om dit te doen, sal die tande en tong meer spasie gee, wat toelaat dat “al 32 tande natuurlik in lyn kan kom sonder die behoefte aan vasgestelde draadjies”.

Hy het ook voorgestel dat Pasiënt A ‘n linguale tongbindvrystelling moet hê, wat haar in staat sal stel om met haar tong op die dak van haar mond te rus en die spiere in haar kakebeen te versterk.

Pasiënt A is gelaat met haar boonste en onderste tande skuins vorentoe, ‘n resessie van die onderste voortande, ‘n ongelynde boonste tand en ‘n ulkus. Pasiënt B is gelaat met ‘n resessie van sy onderste voortande.

Volgens berigte deur die Guardian “…beweer die GDC dit is nie net baie uitgerek, duur, ongemaklik en hoogs veeleisend vir die kind nie, maar dit hou die risiko van skade in.”

Die tribunaal is tot Maandag uitgestel.

Bronne: IOL, Londen Evening Standard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Leerling skiet glo onderwyser met gesteelde wapen