Die onderwyser wat in Bohls Middle School Texas vir sy meestal swart leerlinge gesê het sy ras is beter, is afgedank na die leerlinge se ouers woedend gereageer het.
Die onderwyser kan in die video gehoor word waar hy sê hy is etnosentries en glo sy ras is “die beter een”. Die leerlinge was geskok en het besluit om die oomblik op kamera vas te vang.
Een student wat die video opgeneem het, het hom gevra: “Dus, wit mense is beter as almal?” en die onderwyser het die studente gevra om hom tyd te gee om sy standpunt volledig te verduidelik.
“Laat ek klaar maak, ek dink almal dink hulle ras is beter. Hulle is net nie eerlik daaroor nie, ek dink almal is ‘n rassis op daardie vlak,” het hy gesê.
Ontsteld deur hul onderwyser se sienings, het studente sy gedagtes uitgedaag en dit duidelik gemaak dat sy opmerkings sy studente hulle respek vir hom laat verloor het.
“Ek is egter nie rassisties nie. Ek hou van alle soorte (mense),” het een student vir die onderwyser gesê.
“Ek het jou eintlik vir ‘n rukkie gerespekteer, maar nou het ek nie meer respek vir jou nie,” het ‘n ander student laat hoor.
“Ja, in werklikheid, ek dink nie ek (het) respek vir hom (meer) nie,” het ‘n ander bygevoeg.
Die onderwyser voer aan dat hy nooit gesê het dat hy nie van enigiemand of ander rasse hou nie, maar glo dat hy van ‘n “beter ras” as ander is.
Toe studente vir die onderwyser gesê het om te erken dat hy rassisties is, het die onderwyser gereageer deur te sê hy is “eerlik” en het geweier om homself as rassis te definieer.
“Ek het dit genoeg gesê,” het hy gesê en sy argument afgesluit.
Die onderwyser is eers geskors, maar die skool het Maandag aangekondig dat hy afgedank is.
Bronne: Yahoo, NBC News, CNN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



