Gr. 9-leerling skielik oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

K-Lee Woest, ‘n graad 9-leerling aan Hoërskool Brandwag, is skielik oorlede. Die skool het die nuus op Facebook bekendgemaak.

“Ons het met groot hartseer vanoggend verneem dat K-Lee Woest, ‘n leerling in graad 9, skielik oorlede is,” skryf die skool.

“Mag die familie en vriende krag ontvang in hierdie moeilike tyd sodat die hartseer wat hulle vandag ervaar, mettertyd draagliker sal word en plek maak vir hoop en berusting.”

“Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.” Psalm 34:19

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel