Hennie van der Walt (80) van die plaas Dwarsfontein op Delmas is eergisteraand of gisteroggend wreed vermoor deur ‘n onbekende aantal verdagtes wat vermoedelik deur ‘n venster toegang tot die woning verkry het.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê werkers kon gisteroggend nie toegang tot die plaashuis verkry nie, waarna hulle die boer se dogter gekontak het. Sy het die polisie in kennis gestel.
Met die polisie se spoedige aankoms op die toneel het hulle met toestemming ‘n deur oopforseer en eers op Hester Smal (79) sy geskokte lewensmaat wat aan Alzheimersiekte ly, afgekom. Daarna het hulle op die die liggaam van die 80-jarige man in ‘n agterste kamer, met ‘n skietwond en verskeie steekwonde aan sy liggaam, afgekom.
Die motief vir die aanval is onbekend, maar die huis is geplunder, die CCTV-opnemer beskadig en die kluisdeur is oop gevind. Die polisie het afgevuurde doppies en lewendige ammunisie in die huis en in die groentetuin gevind.
Fisiese bloedspore is gevolg na waar ‘n oop kluis wat in die huis, oop en leeg, gevind is. Dit kan nie uitgesluit word dat vuurwapens en ander artikels uit die huis gesteel is nie. Die polisie ondersoek ‘n plaasmoord en huisroof.
Enigiemand met inligting tot die misdaad kan onverwyld met die polisie in kontak kom.
Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela het die aanval veroordeel en gesê: “Attacking a farmer is more like encouraging hunger to community members.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



