Negejarige glo by skool verkrag – pa eis antwoorde

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Meisie (9) in graad drie by die Primêre Skool Edenridge wat glo op 24 Oktober deur ‘n mede-leerling, vermoedelik in graad ses of sewe, by die skool verkrag is, se pa eis antwoorde.

‘n Verkragtingsaak is op 29 Oktober by die Eden Park-polisiestasie geopen. Op 1 November het gemeenskapslede die skool bestorm om met die hoof oor die insident te praat.

Lt.kol. Mavela Masondo het bevestig dat die saak aandag geniet en na die Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdade geëskaleer is. Geen arrestasies is tot op hede gemaak nie.

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse onderwysdepartement, sê die die departement voorsien sielkundige hulp aan die leerling wat deur die insident geraak word.

Gemeenskapsleiers ondersteun die familie en het te kenne gegee dat hulle die saak enduit sal neem totdat geregtigheid seëvier.

Bron: Alberton Record

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.