‘n Stapper het ‘n spokerige ervaring gehad toe hy met ‘n rare weerverskynsel genaamd Brocken Spectre te doen gehad het.
Chris Randall was Sondag op die Red Pike naby Wasdale in Cumbria, Engeland toe hy met die “figuur” te doen gehad het.
Die stapper sê die oomblik was vreesaanjaend, omdat die figuur ‘n ligkrans op sy “kop” gehad het en hom genader het.
‘n Brocken Spectre is volgens Daily Mail ‘n skaduwee wat groter lyk wanneer dit op ‘n wolk of mis val.
Volgens die Met Office kom hierdie verskynsel voor wanneer iemand bo die boonste oppervlak van ‘n wolk staan en die son van agter af skyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



