KYK: Oom Jan Muller (92) wikkel sy lyf op APPEL se ‘Boer is ‘n Bok’

Deel hierdie storie / Share this story

Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger APPEL het Dinsdag ‘n video wat sy aanhangers se harte warm gemaak het, op Facebook gedeel.

In die video dans die 92-jarige oom Jan Muller al te lekker saam op APPEL se Boer is ‘n Bok (feat. Ricus Nel).

“Oom Jan Muller is 92 jaar oud, maar ouderdom sal hom nie kelder nie. Mag ons almal die lewe so opreg geniet soos oom Jan Muller… Want ‘n boer is ‘n bok en ‘n bok is ‘n…”

APPEL-aanhangers reken dat hy “iets reg doen” as almal tussen die ouderdomme van 0 en 100 sy musiek so vreeslik geniet.

“Hierdie is net pleinweg mooier as mooi! So kosbaar,” skryf ‘n aanhanger. “Mooi so, Oom. ‘n Mens word nooit te oud om hierdie musiek te geniet nie. Dankie APPEL,” laat nog een hoor.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel