NB Uitgewers sê hy sal nie die boek Our Poisoned Land: Living in the Shadows of Zuma’s Keepers deur Jacques Pauw van die winkelrakke verwyder nie – al het EFF-leier Julius Malema se prokureurs geëis dat dit gedoen word.
Malema wil nie hê dat die ondersoekende joernalis Pauw se boek, waarin hy geïmpliseer word, op die rakke verskyn nie.
Floyd Shivambu, onderleier van die EFF, Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, en Malema se prokureurs het Maandag in ‘n dringende brief aan NB Uitgewers versoek dat die boek verwyder word en nooit weer uitgegee word nie.
Die boek is Vrydag onder die druknaam Tafelberg uitgegee en handel oor Malema se omstrede verhouding met die selferkende sigaretsmokkelaar Adriano Mazzotti.
Malema en sy prokureurs eis ook in die brief aan NB Uitgewers dat Pauw en NB Uitgewers om verskoning vra vir die “nalatigheid” om “onware en lasterlike bewerings” te publiseer.
NB Uitgewers sê egter dat hy vierkantig agter Pauw staan en hy nie aan die EFF se versoek sal voldoen nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



