Miss Argentina en Miss Puerto Rico trou

Deel hierdie storie / Share this story

Die voormalige skoonheidskompetisie-koninginne, Miss Puerto Rico en Miss Argentina, het hulle romantiese geheim verklap – nie net dat hulle in ‘n verhouding was nie, maar ook dat hulle verlede naweek die knoop deurgehak het.

Na twee jaar saam het Fabiola Valentin van Puerto Rico en Mariana Varela van Argentinië op Instagram bekendgemaak dat hulle ewige trou aan mekaar beloof het.

“Na die besluit om ons verhouding privaat te hou, het ons die deure vir jou oopgemaak op ‘n spesiale dag,” het die inskrywing gelui. Die video was vol van die twee se tyd saam, toere en die verlowing.

Die paartjie is op 28 Oktober in ‘n hof in Puerto Rico getroud. – The Guardian

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel