Kom dans jou oes af by die Swartland Oesafdans Fees!

Deel hierdie storie / Share this story

Stof jou dansskoene af en kom kuier saam met van die land se grootste kunstenaars by die Oesafdans Fees in Swartland.

Juan Boucher, Samantha Leonard, Steve Hofmeyr, Caroline Grace en Jan Rhaap gaan sorg vir die dag se vermaak en daar gaan ook ‘n spesiale DJ Tribute vir die legendariese Theuns Jordaan wees.

Die Oesafdans Fees word op 26 November 2022 by die Moreson Plaas, Malmesbury, aangebied en hekke open om 14:00 tot 04:00.

Kaartjies beloop R350 per persoon.

Daar is vermaak vir oud en jonk, asook heerlike kosstalletjies en wyntuin met ‘n kroeg.

Jy wil nie hierdie mis nie!

Gaan na https://www.afrikaansevertonings.com/event-details/swartland-oesafdans om jou kaartjie te kry of jou kampplek te bespreek!

Wen!

Drie gelukkige lesers kan elkeen ‘n kaarjie wen na die Oesafdans Fees.

Om in aanmerking te kom hiervoor:

  1. Deel die artikel en tag drie mense.
  2. Gaan volg DIRKIEG PRODUKSIES se Facebook- en Instagram-blad, @dirkiegproduksies.

Jy moet spring! Die wenner word op 18 November 2022 aangekondig.

Hoop ons sien jou daar!