‘n Pa van Tauranga wat tragies by Mt Maunganui in Nieu-Seeland dood is toe hy sy dogter se lewe gered het, het elke laaste bietjie krag gebruik om haar bo sy kop tot op die rotse te lig.
NZ Herald berig Reon Wikeepa se familie prys sy dapperheid na hy sy lewe “uit die liefde vir sy gesin” opgeoffer het om sy dogter te red.
Die 33-jarige Wikeepa is Saterdag leweloos uit die branders gehaal. Lewensredders het probeer om hom by te bring, maar die pogings was onsuksesvol.
Die pa het die water saam met sy 16-jarige dogter en 14-jarige seun by Moturiki Island geniet toe die tragedie hom afgespeel het. Volgens Wikeepa se familie het sy dogter geswem toe sy in ‘n stroom vasgevang is. Haar pa het gesien sy sukkel en ingespring om haar te red. Hy het haar bo sy kop tot op die rotse gelig. Die familie sê hy het sy laaste krag gebruik om haar te red.
Sy familie het alles probeer om hom te red, maar hy is deur die branders meegesleur.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



