Voertuigbestuurder kritiek na hy deur metaal deurboor is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Motorbestuurder (39) is kritiek beseer nadat hy gisteroggend op die N14 Ben Schoeman-hoofweg in Zwartkops, Centurion, Pretoria deur ‘n veiligheidsversperring deurboor is.

Netcare 911 het om 02:37 op die oproep van die ongeluk reageer.

Volgens verslae het die bestuurder van die ligte motorvoertuig beheer verloor en in die veiligheidsversperring vasgery.

Met paramedici se aankoms om die toneel het hulle gevind dat die Armo-versperring deur die voertuig gesny het en die bestuurder van die voertuig deurboor het. Die kritiek-beseerde bestuurder is op die toneel deur ‘n Netcare 911-noodwerker behandel.

Nooddienste het ongeveer ‘n uur geneem om die metaal om die man, wat deurboor en in die wrak vasgekeer was, op ‘n delikate manier te verwyder. Die beseerde man is daarna na ‘n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.