Twee keer lewenslank vir man wat eie ma verkrag, vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kimberley-hooggeregshof het die 37-jarige Paul Conradie, wat skuldig bevind is aan die verkragting en moord op sy 65-jarige ma, twee keer lewenslank tronkstraf opgelê.

Die misdade is in 2020 reeds op Donkerhoek, Ritchie, gepleeg.

Mojefa Senokoatsane, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Conradie en sy ma het op Sondag 2 Februarie ná kerk tuisgemaakte bier gedrink waarna sy ma vir ‘n ruk onder ‘n boom wou gaan lê om te rus. Volgens Senokoatsane het Conradie sy ma toe verkrag en haar doodgewurg.

Die polisie se ondersoek het gelei tot Conradie se inhegtenisneming op 3 Februarie 2020. Hy was sedertdien in aanhouding.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel