Pastoor van Viljoenskroon vas na hy vrou ontvoer, verkrag, vir maande gyselaar hou

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pastoor van Viljoenskroon is lewenslange tronkstraf opgelê na hy ‘n 50-jarige vrou ontvoer het en vir agt maande in sy huis gyselaar gehou het, haar verkrag en aangerand het.

Phaladi Shuping, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, sê die landdroshof op Viljoenskroon het die 40-jarige pastoor lewenslange tronkstraf vir verkragting, vyf jaar vir ontvoering, vier jaar vir diefstal en nog vyf jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, opgelê.

Die slagoffer was op 31 Augustus 2020 op pad na Johannesburg ná sy haar ma moes begrawe. Die pastoor het haar ‘n rygeleentheid aangebied, maar gesê dat hulle eers by sy huis moes stop. Hy het daar vir die slagoffer gesê dat hy wil hê sy moet sy vrou wees. Toe sy weier, het hy haar vir agt maande teen haar sin by sy huis gehou. Hy het haar verskeie kere verkrag en aangerand en haar selfoon en R1 8000 kontant by haar gesteel.

Die slagoffer kon op 11 Maart 2021 uiteindelik ontsnap en het op 12 Maart na die Potchefstroom-polisiestasie geryloop om die saak aan te meld.

Die pastoor het die beweringe ontken, maar verdere ondersoek het daarop gedui dat die slagoffer wel teen haar wil aangehou is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel