Korslose spek-en-kaas-souttert

Deel hierdie storie / Share this story

Norma deel ‘n heerlike resep vir korslose spek-en-kaas-souttert.

Porsies: 6-8

Bestanddele:

2 koppies melk
200 g pak spek, in stukkies gesny
2 koppies cheddarkaas, gerasper
½ koppie koekmeelblom
4 eiers, geklits
1 groot ui, gekap

sout, geurselsout, paprika en peper, na smaak

gedroogde of vars pietersielie, na smaak

Metode:

Meng die bestanddele goed saam. Giet die mengsel in ‘n ronde, gesmeerde oodbak en bak teen 180 ˚C vir 45 min tot ‘n uur in ‘n voorverhitte oond.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel