Strandganger doodgeskiet op Umhlangastrand se ‘Whalebone Pier’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Strandganger is vanoggend op die Whalebone Pier in Umhlanga, Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Netcare 911 is om ongeveer 10:44 na ‘n toneel ontbied van ‘n skietvoorval by die walvisbeenpier (whale bone pier) by Umhlanga Rocks.

Na bewering het ‘n argument tussen twee volwasse mans uitgebreek, waarna een van die die mans ‘n 9 mm-handwapen uitgehaal en die slagoffer in die maag geskiet het.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die slagoffer gevind wat reeds ‘n hartstilstand gehad het. Gevorderde lewensondersteunende KPR is deur noodsorgwerkers van Netcare 911 en nog ‘n privaat ambulansdiens toegepas. Alhoewel alle pogings aangewend is om die man se lewe te red, is hy op die toneel dood verklaar.

Die voorval word deur die Durban-Noord-polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.