Drie leeus wat Saterdag ontsnap het, is veilig terug in die Kruger Nasionale Park.
Hulle is uit ‘n helikopter naby die Sabie Sand-natuurreservaat met ’n pyl geskiet.
“Ons het waarskuwings van gemeenskapslede (om die Mkhuhlu-omgewing) ontvang van hul waarneming van die leeus Saterdag omstreeks 22:00. Hulle het deur die Paul Kruger-hek na Elephant Point uitbeweeg en is in die plaasgebied gesien,” het SANParke-woordvoerder Ike Phaahla gesê en bygevoeg ’n soektog is van stapel gestuur.
Die leeus het nie mikroskyfies ingehad nie en was onbekend. Hulle het nie aan ’n privaat wildreservaat behoort nie en is dus na die Kruger-park geneem.
Bronne: Times LIVE, News24
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Elon Musk straf Twitter-werkers wat met hom in openbaar stry



