“Oor minder as ‘n maand gaan ek Mica aan mense voorstel as my vrou. En sy sal my aan mense as haar man voorstel. Malligheid. ‘My man’… Mal daaroor.”
Die Suid-Afrikaanse komediant en akteur Schalk Bezuidenhout (30) sal oor minder as ‘n maand die knoop deurhak.
Mica McKechnie het in 2019 in ‘n plasing op Instagram gedeel dat haar antwoord “ja, ja, ‘n miljoen keer ja” was toe Bezuidenhout die groot vraag gevra het.
Bezuidenhout het toe aan Huisgenoot gesê dat hy McKechnie by dieselfde restaurant waar hulle hul eerste afspraak gehad het, gevra het om sy vrou te word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



