‘Ek het 11 kinders by 8 pa’s. Ek gee nie om nie. Ek het my redes’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van elf kinders sê sy kan nie minder omgee oor wat ander mense dink van die feit dat sy 11 kinders by agt verskillende pa’s het nie.

Phi, van Memphis in Tennessee, het 11 kinders by agt verskillende mans en het al meer as 90 000 “likes” op TikTok met video’s van haar kroos gekry. Die ma vertel in een van die video’s waarom sy die besluit geneem het om so baie kinders by verskillende mans te hê.

“As jy een het, en jy neem een weg, het jy nul. Maar as jy agt het, en jy neem drie weg, het jy steeds vyf.”

“As ek net een pa vir my kinders gehad het en hy loop weg of sterf, sal my kinders sonder ‘n pa grootword. Maar as ek agt het en drie loop of sterf, het my kinders steeds vyf pa’s,” redeneer die ma.

Sy het ook in ‘n video gesê sy beplan nie om binnekort op te hou nie en noem dat sy graag ‘n gelyke getal, soos 30, kinders wil hê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel