Eerste biologiese man wen Miss America-titel

Deel hierdie storie / Share this story

Die 19-jarige Brian Nguyen is as Miss Greater Derry 2023 gekroon in ‘n skoonheidskompetisie wat deur die Miss America-organisasie gehou is.

Die jaarlikse kompetisie, wat sedert die 1920’s plaasvind, is oop vir vroue van regoor Amerika tussen die ouderdomme van 17 en 25.

Dit het destyds bloot oor skoonheid gegaan, maar nou sê die Miss America-organisasie dat hy deelnemers beoordeel op hulle talentvertonings en onderhoude.

Dié kompetisie word deur miljoene mense gekyk wanneer dit regstreeks uitgesaai word.

Die nuwe Miss Greater Derry vir 2023, wat beskryf word as ‘n “plusgrootte model en kampvegter vir gemarginaliseerde vroue”, het op Instagram gesê:

“In die Miss America-geskiedenis van 100 jaar is ek die eerste transgender titelhouer. Geen woorde kan hierdie gevoel beskryf om die geleentheid te hê om my gemeenskap as Miss New Hampshire te dien en te verteenwoordig nie. Ek is so geëerd om as jou Miss Greater Derry 2023 gekroon te wees en is baie opgewonde om vir julle almal te wys wat in my steek.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel