Die bestuurder van ‘n Volkswagen Citi Golf is Sondagoggend op die N17, Dalpark, Brakpan kritiek beseer nadat hy in die agterkant van ‘n vragmotor vasgery het.
Netcare 911 het net voor 06:00 op die ongeluk reageer. Dit het gebeur op die N17 vanaf Johannesburg in die rigting na Springs.
Daar is rapporteer die bestuurder van die voertuig het beheer verloor op ‘n reguit stuk pad en reg van agter in die vragmotor vasgery.
Die impak van die botsing het sy voertuig onder die agterkant van die vragmotor laat vassit.
Verskeie nooddienste was op die toneel. Dit het ongeveer drie uur en hidrouliese toerusting gekos om die bestuurder, wat deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer is, uit te kry.
Die kritiek-beseerde man is na ‘n hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.
Die omstandighede van die ongeluk word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



