Jan Grobler (68) is al vir agt maande vermis.
Hy het vermoedelik demensie. Hy het in ‘n sorgsentrum in Vanderbijlpark gebly waarvandaan hy weggeraak het.
Hy het glo gereeld gestap om by sy suster te gaan kuier en die laaste keer net nie teruggekeer nie. Sy suster Trudie is op soek na hom en is rasend van bekommernis.
Grobler is by die polisie as vermis aangemeld.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan hulle met die volgende persone in kontak kom by:
- Trudie 082 866 2500
- Ruth 073 196 2956
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



