Berei jou voor vir moontlik 12 maande van beurtkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners kan hulself voorberei om moontlik vir die volgende 12 maande steeds beurtkrag te hê ná Eskom vandag dié aankondiging gemaak het.

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het Dinsdag by ‘n terugvoersessie oor die stand van die kragnetwerk gesê Eskom het nie geld vir diesel nie. Eskom het reeds R12 miljard vanjaar uitgehaal om diesel te betaal.

Eskom se aanvanklike begroting vir diesel was aanvanklik R6,1 miljard. Dis later na R11,1 miljard en nog later na R12 miljard opgestoot.

Oberholzer het gesê onbeplande herstelwerk is ‘n groot bron van kommer. SA het reeds 155 dae van beurtkrag sedert die begin van die jaar ervaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel