Op My Eish se Neels vind nuwe liefde

Deel hierdie storie / Share this story

Neels van Jaarsveld, die bekende akteur wat in die eerste reeks van Op My Eish op soek was na liefde, het weer ‘n nuwe liefde gevind.

Van Jaarsveld, wat vir ‘n rukkie met Florinda Hearn, ‘n skoonheidskundige van Randfontein, uitgegaan het, se nuwe liefde is Meg Lonergan.

Van Jaarsveld het in ‘n sosialemediaplasing vir Meg dankie gesê dat sy ja gesê het.

“Dankie dat jy ja gesê het om my Nooi te wees.
Dankie dat jy my Lewe komplimenteer.
Dankie dat jy lag vir my Grappies.
Dankie dat my op my tone hou.
Dankie dat jy my Drome laat realiseer.
Die Lewe is ‘n Magiese Onvergeetlike Avontuur saam met Jou.
Ons maak ‘n formidabele Span.
Jy is my Grootste Geskenk.
🖤”