Die LUR van die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement, me Mbali Frazer, het die aanval en beroof van studente en onderwysers tydens ’n deurnagstudiesessie by Hoërskool Georgetown Saterdag veroordeel.
Frazer het haar skok en teleurstelling aangaande die voorval Sondag uitgespreek. Sy het vertel dat drie gewapende mans by die skool ingebreek en ‘n sekuriteitswag en onderwysers met gewere gedreig het om die sleutels te oorhandig.
Die wag en onderwysers het geweier om die sleutels te oorhandig en nadat die aanvallers nie die slotte kon oopskiet nie, het hulle oor ’n muur geklim en by die klaskamers ingegaan waar leerlinge besig was om te leer. Hulle het die leerlinge se selfone en geld gesteel.
Nog niemand is vir die roof in hegtenis geneem nie.
Bronne: IOL, Sowetan LIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



