Familie word ondersoek na gestremde seun sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in KwaZulu-Natal het ’n ondersoek begin na die dood van ’n 12-jarige gestremde seun wat deur sy familie begrawe is sonder dat die owerhede glo ingelig is.

Nondumiso Zondi het waarskynlik ’n eensame dood gesterf in ’n een slaapkamer shack waar hy sy lewe lank op Coffee Farm, KwaNdengezi, gebly het.

Hy is Saterdagaand oorlede en Sondagoggend by sy huis in ‘n vlak graf deur sy pa begrawe. Sy dood is glo nie aan die betrokke owerhede rapporteer nie en geen doodsertifikaat is uitgereik nie.

Nondumiso was vir 12 jaar bedlêend in die shack en was nooit in die skool nie. Woensdag het vier fluitjieblasers owerhede ingelig oor Nondumiso en die feit dat hy dikwels alleen gelaat is in sy kamer met die TV op volle volume.

Nondumiso se liggaam is opgegrawe ná die minister van sosiale ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, die familie se huis besoek het. Nondumiso se liggaam is Vrydag na die Pinetown-lykshuis geneem.

Die polisie ondersoek die omstandighede wat gelei het tot die dood van Nondumiso.

Bronne: Sowetan LIVE, Ghanamma,  VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kind se liggaam opgegrawe ná ‘onwettige’ begrafnis by KZN-familiehuis