Die skatrykes van Die real housewives van Pretoria was ‘n paar jaar gelede ook net vrouens wat ‘n normale salaris verdien het. Die twee blondines van die realiteitsprogram het nou die dag nog by motorhandelaars as verkoopsdames gewerk.
Karlien van der Merwe, wat vandag bekendstaan as Kiki Wentzel, het tot in 2018 by Toyota Witbank gewerk, berig Rapport.
Dis hier waar sy haar man, die skatryk Malcolm Wentzel, ontmoet het toe hy ‘n voertuig by een van haar kollegas gekoop het.
Wentzel besit verskeie sakeondernemings, maar het nog nooit in die media daaroor uitgebrei of gesê watter soort besighede dit is nie.
Volgens een van Kiki se vorige kollegas het dit nie altyd maklik in haar lewe gegaan nie, totdat sy vir Malcolm ontmoet het.


Mel Viljoen, wat saam met haar man ‘n naelonderneming besit, was volgens Rapport ‘n “meesterverkoopsagent” voor die Covid-19-pandemie. Sy het by ‘n onderneming aan die Oos-Rand bosbrekers vir vragmotors verkoop.
Volgens ‘n kollega van Mel was sy so suksesvol dat die plek glo toegemaak het na sy daar weg is en haar kliënte saamgevat het toe sy by ‘n ander onderneming gaan werk het.

Volgens die kollega het baie dinge verander toe sy haar man, Peet, ontmoet het.

Mel het ook al by die Spur en ‘n gholfklub gewerk.
Mel was die laaste tyd baie in die media nadat sy na een van die ander deelnemers, Rhona, se man, wat ‘n onderwyser is, verwys het as ‘n “onderwysertjie wat nooit vir Rhona die lewe sal kan gee wat sy graag sal wil hê nie.”
Lees die vorige berigte hier.
Foto’s: Netwerk24
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



