Die sanger, Appel, het opgestaan vir onderwysers ná een van die deelnemers aan Die Real Housewives van Pretoria ‘n aanmerking oor onderwysers gemaak het tydens verlede week se episode.
Mel Viljoen, een van die vyf vroue van dié reeks, het kommentaar gelewer oor een van die deelnemers, Rhona Erasmus, se man, wat ‘n onderwyser is.

In ‘n gesprek met een van haar vriende gedurende laasweek Donderdag se episode het Viljoen gesê “haar (Rhona) se man is net ‘n ‘onderwysertjie'”. Sy het bygevoeg dat hy nie vir haar die lewe sal kan gee wat sy graag wil hê nie en dat sy (Rhona) in haar hart weet ‘n “onderwysertjie” sal dit nie vir haar kan gee nie.
“Wow… Dit was lewendig op die skerm? Aan elke hardwerkende onderwyser, ambagsman of beroep wat volgens Tammy Taylor Nails South Africa se eienaar nie goed genoeg is nie, ek salueer julle, julle is die ruggraat van ons land. Mag jy NOOIT skaam kry vir wie jy is of wat jy doen om aan die lewe te bly nie #respek Die pad van ‘n eerlike man is nie altyd maklik nie, maar dit lei tot in ewigheid. Die girl kan ongelukkig nie dieselfde sê nie… ,” skryf Appel op sy Facebook-blad.”



