Volgens berigte deur Chhattisgarh News het ’n agtjarige seun van Indië in sy erf gespeel toe ’n slang om sy hand draai en hom byt.
Die seun het gesê dit het baie gepyn en hy het die slang probeer afskud, maar dit wou nie laat los nie. Die seun het toe die slang terug gebyt. Hy het dit twee keer gebyt tot dit dood is. Die slang was glo ’n kobra.
Die seun se familie het met hom na die naaste hospitaal gejaag waar teengif toegedien is. Hy is later ontslaan, berig The New Indian Express.
Slangkenners sê kobras se gif gee ‘n neurotoksien af wat inmeng met senuwee-impulse en kan verlamming van die hart en longe veroorsaak.
Volgens National Geographic is hul gif nie die sterkste van die giftige slange nie, maar die hoeveelheid neurotoksien wat hulle in ‘n enkele byt kan lewer – tot twee-tiendes van ‘n vloeistofons – is genoeg om 20 mense, of selfs ‘n olifant, dood te maak. .
Bronne: IOL, Ghanamma, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man wat twee meisies vermoor, kry lewenslange tronkstraf plus 35 jaar



