Steve Hofmeyr nooi jou om deel te wees van ‘n fotomuur-blokkie in die agtergrond van ‘n video vir “Is jy hier?”
Tyd is beperk, so skud op.
Stuur vir hom ‘n 30 sekonde video waarin jy vir hom enigiets vertel, sing of wat ookal jy wil doen. Dit is jou keuse.
Jy kan dit sommer per WhatsApp aanstuur na +27 67 339 2511.
“Ek gaan nie die klank gebruik nie, ek soek net jou fraai bakkies in my video.”
“Niemand jonger as 18 nie.”
“Dis verniet! Enigiemand, bekend, onbekend, jonk, oud, mooi, oulik of aardig, kan deelneem.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



