Wen ‘n Chery Tiggo Pro met Brunette Realtors

Deel hierdie storie / Share this story

Nie net kan ondernemings nou inskryf vir die Amazing Race wat volgende jaar in Kimberley plaasvind nie, maar jy kan nou ‘n Chery Tiggo 4Pro, met Brunettes Realtors, wen!

Suzanne Brunette sê die Amazing Race was aanvanklik ‘n idee wat die agentskap onder mekaar wil doen as ‘n spanbou-projek.

“Ons het begin met die idee en toe besluit om dit ‘n bietjie groter te maak deur die gemeenskap te betrek. Ons wou graag teruggee vir die gemeenskap, omdat dit met ons goedgaan. Ons het besluit om dit groter te maak en ‘n liefdadigheidsorganisasie daarby te betrek, sodat dit ons manier van dankie-sê kan wees aan die gemeenskap.”

Hierdie jaar se Amazing Race het gegaan vir Yonder en Droogtehulp. Volgende jaar gaan dit vir Sally Aucamp en Droogtehulp. Die Amazing Race is ‘n dag vol pret en plesier – en uitdagings. “Dit begin by Hoërskool Diamantveld, met die eerste uitdaging. Die verskillende spanne het verskillende wedlope. Hulle moet ‘n uitdaging voltooi wat vol pret en plesier is. Die span wat die uitdaging voltooi, kry die leidraad vir die volgende uitdaging. Daar is 30 spanne en elke span kan 15 uitdagings doen. Die inskrywings vir dié Amazing Race kan direk by Suzanne by 083 445 6025 gedoen word.

As jy wil inskryf, wees die 25ste Februarie 2023 gereed vir ‘n dag vol pret en plesier. Dit kos R1 200 vir ‘n span van vier vir volwassenes, R600 vir ‘n span van vier vir hoërskole en R400 vir ‘n span van vier vir laerskole. Die Amazing Race het 15 afdelings, met ‘n markdag en Jan Rhaap wat gaste die aand by Hoërskool Diamantveld gaan vermaak. Daar sal ook ‘n veiling wees.

Om in te skryf om die Tiggo 4 Pro te wen, klik hier. Die trekking vind in Maart 2023 plaas. Brunettes Realtors is die borg vir dié fantastiese prys.

Hier is die borge vir die Amazing Race:

Brunettes RealtorsFiND iT NuusMargaret Menezes Property Finance SpecialistWildman Hunting & OutdoorVermeulens Build ItThe Faith Shop Northern CapePam Golding PropertiesMattanu Private Game ReserveCell C Northern Cape, AssupolGW GranietINewsMJS AttorneysRed Spot Marketing SolutionsList2SellPrint Non StopNorthern Cape Security SolutionsIBC Break Away CyclesPanarottisDuncan & RothmanHalstedAnniqueVan den Heever AttorneysRendezvousLiquid Ice ProductionsHoërskool DiamantveldMorgan Renault KimberleyHorseshoe InnPizza KingRJF Services and InstallationChery KimberleyMalu PorkEscort KimberleyHegarty Attorneys Inc., Go ZoneEngelsman Magabane IncorporatedHugo Elektries BKThe Big HoleThe Sandwich ShopJoz The KeymanMVD KalahariIT4USA AgriCrystal Cameleon Venue & Catering, Pro Plant, Easy BraaiPinnacle PropertiesLotters Pine FurnitureDekor 2000BeefmasterWimpyTD KerkBarristers Coffee BarKanu Wines South Africa. Spur Kimberley, Itec Noord-Kaap, At The Fire, Carters Road Car Spa, Hewitt Accountants, MVD Kalahari, McDondald’s, Frogfoot, Vox. Hegarthy Attorney

Dié advertensie is geborg deur:

Hierdie advertensie is deur Hegarthy Attorney geborg.

As jy by FiND iT wil adverteer, kontak [email protected].