Oos-Kaapse landdros vermoor in verbyryskietery, man en kind beseer

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het ’n mannejag geloods na ’n Oos-Kaapse landdros Saterdagaand vermoor is in ’n verbyryskietery.

Die Mount Ayliff-landros, haar man en twee kinders, was op pad na die Nomlacu-streek. ’n Wit Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie gemaak of dit wou verbysteek. Onbekende verdagtes in die Ford Ranger het op die familie begin skiet.

Die vrou, wat ’n landdros in Mount Ayliff was, is oorlede na skote in haar bolyf toegedien is.

Haar man het ernstige skietwonde aan sy bo- en onderlyf opgedoen en hulle 13-jarige seun is ook raak geskiet. Die 10-jarige kind is wonderbaarlik nie beseer nie. Die man het aanhou ry tot by ’n hospitaal om mediese hulp te kry.

Die motief vir die aanval is onbekend en die polisie ondersoek ’n saak van moord en drie pogings tot moord.

Bronne: IOL, Briefly

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Landdros se vermeende moordenaar is nie ’n ‘druggie’ nie, sê pa