Matthys Cornelis Bothma (47) van Gauteng se liggaam is Donderdag van onder die Bloukransbrug herwin.
Kol. Priscilla Naidu het gesê sy motorfiets is Maandag verlate gevind en sy liggaam is Dinsdag met die hulp van verkykers opgemerk.
Weersomstandighede en die diepte onder die brug het die herwinningsproses bemoeilik.
Die polisie het bevestig dat Bothma se liggaam uiteindelik Donderdag na ongeveer drie uur om ongeveer 14:15 met behulp van ‘n helikopter van die lugmag van ‘n diepte van 180 meter onder die brug herwin is.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Brig. John Lebok, polisiekommissaris vir die Sarah Baartman-distrik, het die soek-en-reddingspan geloof vir die utvoering van ‘n suksesvolle operasie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



